Thursday, December 5, 2019

Grenada dag 1 vertrek 29/11/2019


En so breek die dag uiteindelik aan!
29 November 2019, die dag waarvoor ons so lank gewag het, soveel beplan het en  so uitgesien het na, is uiteindelik hier.
Vroegoggend is ons al aan die gang dit is immers Black Friday by Fincom Cape Town.  Pryse is gesny met 45%.  Tussen al die opwinding deur pak Janneke nog die laaste goedjies, ‘n t-hempie vir Ton ‘n oefenbroekie vir Janneke, en moenie vergeet van die geskenkies in ons yskas nie!  Rebekka plaas nog haar laaste bestelling, sonbrand olie en kan jy glo Aromat Pringles!  Dit is definitief nie by Checkers beskikbaar nie, Janneke Google dit en sowaar Pick en Pay hou dit aan !.  Karike en Janneke ry in die Black Friday chaos van Checkers na Pick en Pay.  Laaste Aromat Pringles in Pick en Pay behoort nou aan ons, altans aan Dirk en Rebekka.   Tuisgekom, pak ons nog die laaste goedjies. Maryke kom groet gou en kort daarna is Ton ook tuis.  Daar is nou nie meer stop aan ons nie, ons wil nou weg.  Ons vlieg eers 8 uur, nou is dit 4 uur, koffers is gepak en toe onthou Ton hy moet sy nuwe bril nog optel!  Die oogarts het nog nie die bril gereed nie, hulle moes ‘n skroefie regmaak, maar hulle sal gou uitvind en terug bel.  Nodeloos om te sĂȘ dat ons toe op hete kole is.  Karike bring die goeie nuus, ons het ons target bereik by Fincom Cape Town.  Aan die Here al die eer!  Voorwaar God is vir ons goed.  
Spec Savers bel en ons is gepak en gesak soontoe, Ton kry sy bril en ons kan vertrek na die lughawe.  Ook maar goed want die verkeer is ontsettend besig en ons kruip, kruip tot op die R300.  Ons kom meer dan betyds op CT lughawe. Die tasse inboek loop glad.  Tas no 1, 22kg en tas no 2, 24kg.  Kon nie beter nie!  Julle moet verstaan ons dra Mayonaisse, blatjang en kruie saam by dosyne!  Ons kom maklik deur doeane met die driepoot pot, die sekuriteit is sommer trots daarop dat ons een uitvoer!  “I like it” merk hy spontaan op.
En toe is dit maar net 5 uur en nog 2 ure voor ons aanboord kan gaan.  Ons gaan sit by ‘n lekker restaurantjie en bel gou vir ma van den Berg wat vandag begin het met bestraling op haar oor.  Was heerlik om met haar te praat en te hoor hoe dit gaan. Die dokters is hoopvol dat hulle die kanker sal kan stop.  7 uur maak ons aanstaltes na die hek, maar al gou blyk dit dat British Airways nie baie haastig is om ons aanboord te kry nie.  8 uur gaan ons eers aan boord, en ons is eintlik verbaas dat ons nog steeds in Kaapstad is! Soveel ure en ons is nog niks verder nie.  Later hoor ons dat die BA personeel vasgevang was in die Kaapse verkeer en dit maak die hele vlug laat. Ons vertrek 8h45.  Ons vlug verloop verder. Kry lekker kos.  Ton drink Rooiwyn x2, maar hy het lanklaas alkohol gedrink, so skryf hy die blog bietjie onder die invloed. :)
Die ligte word afgeskakel, dis seker tyd om te gaan slaap op die vliegtuig. Dis 23h30 sast...... 
Ons kry darem geslaap, maar logies word ons heeltyd wakker, ons sit immers regop met baie geluide wat ons versteur. 

Op Cape Town International.

Karike laai ons af.

persies 46 kg altesaam

Driepoot pot en handbagaie



Ons vlug begin

No comments:

Post a Comment