Sunday, December 8, 2019

Grenada dag 4, 02/12/2019 swem en winkels toe

Janneke slaap so goed en word eers die volgende oggend 8 uur weer wakker.
Rebekka is verbaas want sy het gedink ons gaan vandag al baie vroeg winkels toe kan gaan.
Die dag begin met swem, dis nou na bybellees en dergelike dinge. Ton het gaan swem in die see en probeer uitkom by die boei maar besef al te gou die fiksheidsvlakke is nie na wense. Meer belangrikste ons is op vakansie, so who cares...... Ons ry so teen 10 uur na die winkel waar mens snorkel “gear” koop en ons pas aan en maak lekker grappies met die personeel. Ons wil betaal maar nou soek hulle ons vliegkaartjies en ons paspoorte. Die vliegkaartjies het ons op email, maar nie die paspoorte nie, so ons moet maar later terugkom. Ons ry aan na die Esplanade Mall en dit is baie spesiaal want hier kom die groot skepe meer. Ons maak ‘n draai waar Kiekie se boot altyd gemeer het en as hulle daar stop, loop hulle rond in die “mall”. Ons loop in haar voetspore. Dis bietjie sentimenteel maar dis oulik vir ons. Ai, die kinders van ons wat so die wêreld toer en verken. Al werkende though! Ons besoek ook die Fort George aan die oorkant, die fort is egter verwaarloos, alhoewel die polisie dit nou gebruik. Die uitsig van hier is asemrowend en ons neem paar foto’s. Ons sukkel deur die verkeer terug na Dirk en Rebekka se huis, maar eers moet ons draai maak by die kwaai groente tannie. Ton stap saam Rebekka om groente te koop, kwaai tannies is vir hom ‘n groot uitdaging. Hulle kom daar weg met gratis avokado peer. Die Ton charm het duidelik gewerk. Na middagete wat Dirk saam met ons nuttig is Ton en Rebekka weer oppad om paar goedjies te koop. Onder andere die snorkel toerusting. Ton kry vir hom mooi nuwe swembroek gesponser deur Dirk en Rebekka. Hulle koop allerhande bestandele vir ‘n slaai gereg, Ton koop ‘n asblik vir Bekka se kombuis, Ton het ‘n FLOW simkaart maar die data werk nie, hulle gaan na die Flow winkel om die data konneksie details uit te sorteer. Janneke bly heerlik tuis, skryf die dagboek en rus uit van die stywe stap na die fort toe.
Die strand en die see is ‘n lekker uitkoms en ons stap weer later die middag af see toe. Ons swem met ons flippers en stap later na die restaurantjie om te hoor of hulle die aand oop is. Dit is immers maandagaand. Dirk het vanaand uitete saam met sy werk en ons gaan nuttig aandete by Plywoods, die idee was om die sonsondergang te bekyk maar daarvoor was ons weer te laat. Ons ontmoet ‘n Kanadese egpaar en ons gesels heerlik met hulle. Hulle is van Kanada, hulle kinders is by die huis en hulle is hier om immigrasie moontlikhede te ondersoek. Die vroutjie beweer hulle is goeie maats met die eienaar van La Plywood (hy het nog ‘n restaurant êrens naby). Beide ons dames bestel ‘cocktail’ drankies maar die kroeg het duidelik ‘n swaar hand met die alkohol en al gou begin ons baie ontspanne raak. Ons eet Fish taco’s en Ton eet ‘n Vis burger. Dit was baie lekker selfs ons chips was nie te versmaai nie. Rebekka en Janneke voel effens lighoofdig van die drankies, maar die stap terug huistoe doen wondere. By die huis speel ons natuurlik weer “ticket to ride”. Ons sukkel nog bietjie met die strategie van die game, ons bly verloor, gelukkig het ons goeie leermeesters. Dirk daag ook weer op teen 9h30. Die Suid-Afrikaners is lekker moeg en ons gaan kruip in.
Ons is die Here dankbaar.










No comments:

Post a Comment