Vandag is dit vrouedag. Rebekka en Janneke gaan vandag ma en dogter dag vat en Ton bly tuis vir “me-time”. Rebekka en Janneke gaan maak eers draai by die plaaslike koffie shop “Bella Milano”. Ons drink lekker Frappuchino’s en eet amandel koek. Die eerste keer dat vlieë ons pla op die eiland! Die paaie is baie nou en daar is geen gebrek aan slaggate nie. Die mense se ry vernuf is uitstekend en baie beleefd. Orals wag hulle vir mekaar om te ry. In die nou straatjie parkeer die mense ook nog, dan is daar skaars plek vir 1 kar om te passeer.
Die plaaslike supermark is IGA en laat mens baie dink aan ‘n Shoprite of selfs ‘n Spar. Hier is van alles en nogwat, uie, Papaja’s en Pomelo is baie groot. Die snuistery winkeltjies is almal maar dieselfde. Handdoeke, swembroeke, pette, armbandjies en swemtjalies. Janneke koop vrolike swemtjalie, dit het pynappels op. Lyk net so vrolik soos die Karibiese eiland. Ons ry weer terug huistoe om lekker middagete te maak met al ons bestandele wat ons by IGA gekoop het. Janneke sny die Stêrveug in skyfies en deel uit, dit is baie suur(eilanders het gesê dit is soet!). Maar ons wil mos alles probeer. Dirk kom elke middag tuis vir middagete. Dit is heerliik gesellig. Hy werk maar 5 minute van die huis af. Elke dag ry ons verby die hotel inwording waar ons skoonseun aan deel het. So spesiaal. Na middagete trek ons, ons swemklere aan en ry na die Grand Anse Beach. Die strand waar Dirk en Rebekka woon is die BBC strand ook genoem die Mourne Rouge. Grand Anse is die langste wit strand in Grenada. Hier huur ons 3 stoele en 2 sambrele en lê luilekker op die strand soos al die ander toeriste. Ons lyk kompleet soos toeriste, kort nog net die engelse hoedjie en rooi kleurtjie. Rebekka en Janneke stap deur die markie opsoek na krale. Die plaaslike bevolking wat hulle goedere verkoop lê in hangmatte op die stoepies. “You are welcome to look inside” kom die uitnodiging. Dit is warm en bedompig, elke stalletjie verkoop dieselfde, speserye, tjalies, strandsakke en handdoeke, armbandjies, hangerties en rastafariër snuisterye. Daar was selfs ‘n mus waar dreadlocks aan vas gewerk is. Kan my net voorstel hoe mense sal opkyk as ons daarmee tuiskom! Gelukkig het Janneke nog nie kontant getrek nie. Anders was die stalletjies nou heelwat leër. Die plaaslike drankie hier is “Ting”. Proe bietjie soos Lemon Scwhepps, minder skerp, en verfrissend. Janneke wil nou in SA dit begin verkoop omdat dit verfrissend is, maar nie te soet en natuurlik geen alkohol. Die aand speel ons Kegelbal by “Lavo Lanes”. Die buitekant lyk soos nagklub en ons is eers bietjie skrikkerig, maar ons gasheer en gasvrou stel ons vinnig gerus. “Looks can be deceiving”. Ons speel heerlik, drie stelle. Ons het groot fun. Dirkie wen die eerste rondte, Ton die ander twee. Dirk en Rebekka bestel lekker kos. Ons eet so tussen die spelery deur. Ton help Bekka met bietjie tegniek en skielik speel sy goed. Dit was vir haar Pa se hart...... In die laaste beurt van die laaste game gooi Janneke nog ‘n strike. Dit was ‘n lekker gevoel.
Tuis speel ons nog n Ticket to Ride rondte. Ons klim in vir ‘n welverdiende nagrus.
Ons is dankbaar vir die geleentheid om hier te wees.