Thursday, January 10, 2019

Dag 27, amper tuis

Ton het nou al ‘n tyd lang navorsing gedoen oor “air hawk” sitplekke, dit is soos xtra kussinkie op jou motorfiets maar is met lug gevul wat jy kan op- of afblaas soos dit jou pas.  Die mense wat dit gebruik is baie entoesiasties oor die produk.  Aangesien ons in Bloemfontein is, en Bloemfontein ‘n stad is, neem ons aan jy kan dit ook hier kry.  Donderdagoggend is ons al 7 uur op die pad, eers probeer om Rebekka se lisensie op te tel. By die verkeersdepartement vertel die skoonmaker ons, ons is op verkeerde plek.  Ton en Janneke probeer die regte plek op ons gps soek.  Daar stop ‘n man langs ons(hy wag vir groen verkeerslig) hy groet ons vriendelik. Dit is niks vreemd nie, die meeste mense is ons goedgesind en almal groet ons.  Ons was onsuksesvol by lisenie kantoor, die kandidaat moet oorspronklike affidavit gee aan persoon wat lisensie wil kom afhaal namens kandidaat.  Rebekka het vir my brief ge epos, maar dit was nie voldoende nie.  selfs Janneke se gepleit by “Supervisor” het op niks uitgeloop nie.






































Intussen het Ton rond gebel vir “air hawks”, maar Bloemfontein ken nie van nie.  Ons ry polisiestasie toe, heeltemal anderkant die dorp uit in teenoorgestelde rigting.  Toe Jaco die adjudant vir Janneke sien toe sê hy “Hi ek het julle gegroet vanoggend”. My wêreld dit is die man wat by die verkeerslig gestaan het ! Ons het meer sukses met hom, hy oorhandig sertifikaat aan Janneke, toe sy buite kom toe wys Ton vir haar 👍🏻 dat hy ook reggekom het met “airhawks”.  By Safari 4x4.  Ons ry soontoe en die verkoopsman en sy vrou is so gaaf. Hulle installeer toe sommer vir ons die hele affêre.  En ons kry nog koffie op die koop toe!





































Beide middeljarige mense en beide motorfiets ryers!  Ons vertrek 10h10 uit Bloemfontein oppad na Beaufort Wes.  Ons moet gewoond raak aan ons nuwe sitplekke.  Janneke se stuitjie het gister seer gekry toe ons oor spoedwal te vinnig ry. Sitplekke help, maar ons dink hulle is nog effens te hard.  Die wind waai iets verskrikliks.  Ton klou aan stuurwiel vas om motorfiets op die pad te hou en Janneke klou aan Ton vas.  By Smithfield gooi ons petrol in.  Ons skuif alles weer reg, blaas sitplekke bietjie af en ry verder voort.  By Hanover stop ons weer.  Hulle het baie netjiese vulstasie gebou op Hanover, daar is selfs ‘n baie ordentlike kafee en wegneemete plek.  Hier ontdek Ton dat die motorfiets se ligte nie wil afgaan nie.  Ons bespreek die moontlike verdere opsies, dit kan dalk selfs wees dat ons moet deurry huistoe.  Iets waarna ons nie uitsien nie, die pad is lank, die wind is erg en ons raak dik van ry.  By 3 Susters trek ons af en boek onsself in by Travalia,  Ton ontkoppel battery, ons kan nie op die oog af sê wat fout is met lig nie, wat ons wel agterkom is dat die sitplek vol water is, dit is nie ‘n wonder nie! Soveel reën gehad die afgelope week.  Ons eet by Travalia aandete, lamskenkel heeeerlik!!!








No comments:

Post a Comment