Tuesday, January 8, 2019

Dag 21, Kamp by Ezemvelo



  

4 jan
Arie hulle reël dat ons gaan kamp by Ezemvelo, net anderkant Bronkhorstspruit.
10h00 val ons is die pad. Ons ry rustig oor die agterpaaie. Die laaste 22km is grondpad. Ons vrees die ergste want die pad word geskraap. Sagte sand oortrek die harde gedeeltes en dit maak dit moeilik. Janneke kreun hier agter op die fiets. Ons bereik die kamp veilig, ons is dankbaar.Ons slaan kamp op. Ons het n lekker staanplek aan die randjie van die kampterrien. Ons kyk uit oor n klein koppie.

 
Ons gesles land en sand met Arie en Sas. Diepsake. Hartsake, en sommer net inligting uitruil. Die mees lekkertse is hulle versorging van ons. Ons is trots op die tweetjies. Hulle het alles gereël, staanplek en alles saam gevat vir die naweek, kos, bestek en selfs ekstra stoele. Saskia het 4 bababudgies wat sy elke 4 ure moet voer. Dié klein voëltjies skreeu die hele dag, selfs terwyl sy vir hulle kosgee kan hulle nie hulle bekkies toe hou nie.




Al gou kom maak die blou apies kennis. En hulle help hulself sommer aan ‘n knoffelbrood terwyl ons nie kyk nie. Te laat sien Arie hulle in boom verdwyn. Die stouterts het gat gemaak in tentvenster. Ons verplaas die kos van tent na kar en trek die kar so naby as moontlik aan die braaier om te kan dien as koskas.  Daar is ‘n man op die kampterrein wat by ons verbyry met sy remote controlled 4x4’s.  Ons staan almal nader om hierdie mini 4x4’s te bewonder.  Hulle is tot op die laaste detail dieselfde as die ware Jakob.
  


Arie braai lekker vir ons. Die oorvloed aan buitelug en sonskyn maak ons viing moeg en ons klim vroeg in.

No comments:

Post a Comment