Thursday, January 10, 2019

Dag 25-26, die voet herstel

8-9 Januarie.
Ons pamperlang Ton se voet. Sit heeldag Arnica gel aan verbind hom en Ton hou die seer voet soveel as moontlik hoog. Dit is heerlik hier by Ciara Lodge. Piet en Caroline is baie hartlik. Definitief ‘n gastehuis wat ‘n besoekie werd is. Jy kan jouself hier vermaak. Piet was so vriendelik om aan te bied dat ons die motorfiets onder die afdak kan sit. Arie en Saskia het ons gevat vir inkopies op Maandagaand en ons het alles wat nodig is. Nou is dit net uitrus en geniet van Pretoria. Janneke bel nog vir ouma Trijnie, maar ons weet nie so mooi of sy verstaan nie, sy het gedink ons is al lankal weer tuis. Die oggend kom Roel verby en ons kan lekker stories uitruil oor die laaste paar dae wat ons solo getoer het. Dit was lekker om weer met hom te gesels. Janneke was vir die laaste keer bietjie wasgoed en gaan swem lekker. Pa en Ma Roos bel ons via Face Time en dit is ook baie verblydend om van hulle te verneem dat alles voorspoedig gaan. Sowaar iets om die Here voor te dank. Die middag kom kuier Freek en Nellke, gesellig om hulle ook weer te sien. Nelleke verjaar en sy was so gaaf om na ons te kom om haar geluk te wens. Ek het pakkie koekies gekoop by kafee(pakistanies) maar dit was sigbaar verouderd.












































Die aand kom eet Arie en Saskia by ons. Die kos moes Janneke maar in sarsies gaarmaak, die pannetjies is bietjie klein. Net voor ete sak ‘n heerlike donderbui weer uit oor ons, fantasties!
Woensdagoggend vroeg op, ons is baie nusskierig of Ton se voet sal ok wees as hy die motorfiets bootse aantrek. En sowaar Ton kry hom aangetrek, hy loop nog effens mank, maar gee Janneke die versekering dat die boot hom ekstra ondersteuning gee.










































Ons wil nie te vroeg ry nie, dan kry ons die spits verkeer. Ons ry so 8h30 nadat ons lekker met Caroline gechat het. Ons wou aanvanklik die agterpaaie ry om die N1 te mis, maar besluit toe tog maar om die N1 te vat. Ton se voet is ok solank hy ry. Maar as hy hom heeltyd op die grond moet sit is dit redelik pynlik.







Ons ry baie voorspoedig. Stop by Grasmere Plaza vir toilet gebruik. En stop weer in Ventersburg vir middagete.





 Hier ontmoet ons ‘n ouerige egpaar van Johannesburg wat deur die Noord-Kaap getoer het. En ‘n jong meisie wat met haar motorfiets in Namibië en Botswana getoer het. Sy kan nie eens haar voete op die grond sit as sy motorfiets ry nie! Sy kan net die een neersit en dan hang die bike half skeef. Ongelooflik! En hier is Janneke te bang om Ton se fiets te ry! Later stap 2 Duitse mans in wat BMW’s 1200 ry. Ons groet maar praat nie juis nie. Ons bel Bainsvlei polisiestasie in Bloemfontein, praat met Jaco. Dirk het gevra of ons sy “polise clearance” sal optel. Die police clearance is reg en ons reël om dit Donderdagoggend op te tel. Ons ry verder tot in Bloemfontein. Ons voel vreemd nostalgies. Vir 4 jaar hier gestop en by Rebekka gekuier. Nou is daar geen Rebekka in Bloemfontein. Ons bly oor in “Feel @ Home” in Waverley, Bloemfontein. Die oulikste hondjie kom ons vriendelik tegemoet. Dit is ‘n Boston Terrier en oor aktief. Sy naam is popcorn. 
                   
Hy steel Janneke se hart. Janneke gaan koop inkopies by Spar vir aandete en ontbyt. Sy stap, dit maak verlange na Rebekka net meer. Daar is Clicks in winkel sentrum en daar koop Janneke Voltaren Gel. Ton se voet word ingesmeer en weer hoog gehou. Die hele aand smeer ons voltaren aan. Dit wil lyk asof dit beter gaan. Ons lees boek en sit nog bietjie buite dit is baie warm in Bloem. Môre gaan lang rydag wees.

No comments:

Post a Comment