Monday, January 7, 2019

Dag 19, terug in RSA

Woensdagoggend was dit weer nat inpak, ons moes gou maak, die volgende donderstorm was reeds oppad. Ons weet nie wat met Janneke aangaan en die brille nie, maar haar bril het tussen Francistown en Palapye weg geraak, weg, skoonveld. Palapye was tot ons verbasing ook ‘n groot dorp, met baie nuwe ontwikkelinge, ons stop by mall (daar is ‘n Cliks, Cliks het leesbrille). Maar ons is te vroeg, Clicks maak eers 9 uur oop. Spar was gelukkig wel oop en kon ons ‘n kaffeine skop koop (coca cola). Koffiemaak vat teveel tyd en ons wil ry terwyl dit nog koel is. Woensdag steek ons grens oor by Martins drif(Botswana) en Groblers drif(SA). Wat ‘n kille ontvangs deur SA, die dame by die doeane is so onbeskof, Wat ‘n lekker tuiskoms 😔.

Ons kry n verrasingsoproep oor Whatsapp van Dirkie en Bekka. Die 2 vorder fluks na hulle bestemming maar met allerhande ompaaie van die vliegtuig wat nie ‘n permit het om te land, en toe moes hulle n ander vliegtuig vlieg na n ander land, ens. Maar hulle geniet.

Ons ry deur na Lepalale (Ellisras). En daar is Shoprite en Clicks, uiteindelik Janneke kan weer lees ! Sy voeg sommer daad by woord en begin naarstiglik al die whattsapps lees, sy het mos weer CellC konneksie! Ton het reeds vir ons plek bespreek by Vaalwater, die kampterrein se naam is Taaibosrivier, en wat ‘n aangename plek. Pretorianers neem notisie. www.taaibosrivier.co.za. Dit is definitief iets om te oorweeg vir ‘n wegbreek. 250km vanaf Pretoria. Hier is rivier, loopbrug, dam, foefie slide, lekker laaaang swaai en jy kamp in die bos, geen selfoon ontvangs, baie paddas, vlêrmuise en die nodige insekte. Ons pitch ons tent. Ons is die enigste kampers. Ander mense bly in ‘n chalet. Dis ‘n oulike plek.  Ons gaan stap, Ton skraap sy toon teen een van die klippe, hy draai terug, mens wil nie seer voete hê as jy motrofietsbootse aan trek nie. Janneke druk deur, wat ‘n pragtgie staproete. Ton  versamel hout om ‘n kampvuur te maak. Als is sopnat. Ton kry baie sopnat hout. Hy ontmoet nog vir Christo, die eienaar van die plek. Hy gesels graag oor als wat hy doen. Ton betaal die R200 om te oornag.
 





































Van die ander gaste vertel Janneke hoe om by die dam uit te kom. Dit raak al skemer en Ton maak n groot bonfire met nat hout en baie blits, terwyl sy dam toe stap. Later krap Ton van die kole uit om ons worsies gaar te maak. Janneke maak nog blikkies groente warm. Ons eet soos konings. Ons laat die vuur uitbrand. Dis pikke donker toe ons in die bed klim.

      

Limpopo is baie mooi en baie groen. Ons sien amper meer wild hier (agter heinings) as in al die ander lande saam. Blou wildebeeste, rooibokke, springbokke,swartwitpense en vlakvarke.
Donderdag hoop ons om in Pretoria aan te kom. Ons gaan wasgoed was en Vrydag dv saam met Arie en Saskia kamp.
‘n paar dinge wat ons opgeval het die afelope 3 dae.
  • Namibië, Zimbabwe en Botswana is baie mooi lande en dit ontrbrrek nie aan natuurskoon nie. Suid Afrika is egter die mooiste land, hy het alles wat die ander drie het, saamgevoeg. Limpopo is baie mooi provinsie ons geneit van die natuurskoon.
  • Beeste is baie stadig as jy hom langs die pad sien wei, ry jy maar net stadiger. ‘n donkie daarenteen is astrant, hy sal in die pad staan en weier om uit te swenk, jy kan maar op jou toeter staan, hy bly net waar hy is. Boerbokke is aspris die oomblik wat jy aankom spring hulle in die pad, hulle skrik egter vir toeters. Met Olifante sukkel jy nie, jy stop so 200 m van hom af weg en laat meneer maar besluit wanneer hy wil oorgaan. Jy wag geduldig, hierdie ou het sy eie tyd.
  •  Botswana is baie plat, so hier en daar ‘n koppie, Botswana het baie natuurparke en ons het gereeld deur hulle gery. Botswana het gedurig ‘n “foot and mouth disease checkpoint”.  
  • Motorfiets ry se groot voordeel is die reuke, maar ook die feit dat jy byna kan raak aan die plante, jy sien en ervaar soveel meer. Dit maak jou nederig, jy voel baie meer afhanklik van God se genade. 100km is maks dan moet jy net gou afklim en bene strek. 400km per dag is ‘n redelike afstand as jy toer.  

No comments:

Post a Comment