Wednesday, January 9, 2019

Dag 23, sondag by Ezemvelo

6 jan
Ons het lekker geslaap ondanks die middernagtelike kommosie. en is vroeg uit die vere. Dis lekker koelerig so vroeg in die oggend. Dit is Sondag.  Baie van die kampgangers is nog in rep en roer oor die vorige aand se gebeure. Die kamp opsigter kom maak nog ‘n draai om verskoning te kom maak. Janee, stem ons met hom saam, sulke goed gebeur maar soms. Mens moet dit maar bestuur so goed jy kan. Ons was impress met sy vermoë om die situasie te beredder.




Deur die loop van die oggend vertrek al die mense. Die kamp terrein raak baie stil. Dis rustig, ons voel hoe ons siele begin ontspan. Ons lees die preek van ds Johan Bruintjes oor sondag 33 oor die afsterwe en opstanding van die nuwe mens. Die preek handel daaroor dat as jy Christus lefhet, dan sal ons Hom gehoorsaam. Ons geniet almal van die preek en ons gesels nog lekker oor wat ons gehoor het.
Later die middag ry ons in die reservaat rond. Ons identifiseer elke bok soort. Daar is baie. Ons sien nog n vlakvark ma en haar kleintjies, net te oulik. Ons maak tyd om voëls te identifiseer. Die swart Piek, die leeuwerik en baie flappe. Dankie Saskia vir al jou hulp in identifisering. Ons geniet van al die swart- en blouwildebeeste die koedoes, die rooi hartebees, die rooibokke, die zebra’s en blesbokke en laastens nog 2 elande!


Laat middag is ons terug en steek die vuur aan. Arie braai ‘n lekker steak en Saskia maak lekker slaai (met kaas blokkies in). Janneke en ek drink nog ‘n lekker rooi wyntjie saam. Ons voel leef soos konings!
Skaars klaar geeet, toe kom die reën. Ons skarrel vinnig om alles te bêre. Ons gaan sit in Arie en Sas se tent. Hulle leer ons om Beverbende speel. Dis ‘n oulike kaart speletjie. Arie wen die aand. Moet mos dit is sy game!
Intussen reën dit al hoe harder. Ons verskuif na ons eie tent. Die donderweer slaan bo ons koppe, die grond dreun soos dit rommel in die lug. Dit sous behoorlik.
Ons slaap heerlik droog.

No comments:

Post a Comment