Tuesday, January 8, 2019

Dag 22, amok op kampeerterrein

5 jan

Ons is al vroeg op. Die blou apies is doenig by die asblik. Hulle verdwyn gou toe Ton hulle verjaag. Maar in die proses het hulle besluit om ons tent te inspekteer. Gelukkig het hulle gou besef daar is nie kos nie, maar hulle spore en moddervoete het hulle weg gegee. Ons gaan wandel ‘n bietjie. Ons loop oor die damwal en dan op agter die koppie verby. Ons vat ‘n kortpad deur die veld om weer by die kampeerterrein uit te kom.

Arie en Saskia is ook op. Ons drink bietjie koffie saam en besluit om die 4km roete te stap. Dit is ‘n mooi roete. Dis maklik om te loop. Ton en Janneke het net plakkies aan. Die koppies is nie te uitmergelemd nie. In die verte sien ons Blou- en Swartwildebesste. Terug by die tent eet ons lekker ontbyt. 

   

Ton en Arie ry uit na Bronkhorstspruit vir ekstra kaas en kom net bril vir Janneke terug. Ja kan julle glo bril sage gaan voort. Die blou apies het met hulle besoek aan ons tent die bril beetgekry of op hom getrap, nie seker nie, maar Janneke se brilpootjie was gebuig en lam. Die middag gaan swem ons. Dis n sout water bad. Ons eet nog ‘n broodjie wat Saskia vir ons gebak het, op gasstofie. Coke en chips en chocolates van die winkeltjie is n lakker aanvulling as nagereg.  Arie braai weer lekker. Varktjops en wors en Saskia maak slasi.  

Die aand is daar groot komosie. Ons lê heerlik rustig en slaap. Word wakker van iemand wat vir Arie vra “is julle Oright ?”. Huh? Waarom sal iemand vir Arie dit vra? Droom ons? Hoekom is Arie nie in sy tent nie? Ons loer deur tentvenster. Daar is toe ‘n man wat op een of ander drugs is. Hy jaag met sy kar deur die kampterrein en was blykbaar reguit oppad na ons tente. Arie het die ligte sien aankom en dadelik uit die tent geklim en agter die man aangehardloop. Maar kon hom nie keer nie, die man in sy blou Ford draai toe om en kom weer met die pad afgejaag. Die mense kry hom gestop. Die man is heeltemal van sy sinne beroof en praat deurmekaar en niemand kan kop of stert uitmaak wat hy te sê het nie, hy is baie aggressief en sonou en dan mikhy vir een van die mans asof hy hyulle wil te lyf gaan. Later gaan sit hy op die grond slaan opdie grond en skreeu en praat deurmekaar. Arie probeer ook om hom rustig te kry. Die kamp Opsigter daag op om die saak te bereder. Die man is bezerk soos wat hy te kere gaan. Ons haal ons hoed af vir opsigter soos wat hulle die saak hanteer het. Hulle het hom rustig gekry en teruggeneem na sy Chalet en vrou of meisie van hom was by die Chalet. Sy was blykbaar net so hoog soos die man. Die blou fordjie het egter ‘n paar duike weg, spieëltjie is afgebreek en aan beide kante is kar gestamp. Later die aand laat die opsigter die man toe om sy kar te kom haal. Toe is hy vreeslik ontsteld oor sy kar so gestamp is en begin om die kampeerders te beskuldig dat hulle sy kar gestamp het. Die hele sage het aangegaan by die Lodge en die volgende dag vertel Opsigter vir ons dat teen 3 uur die polisie eers weg is, maar die man nie kon saamneem nie, hulle kon niks rede vind om hom in hegtenis te kan neem nie. 



No comments:

Post a Comment