Tuesday, January 8, 2019

Dag 20, ‘n blye weersien

Ons matras het finaal die gees gegee. Ons raak op die grond wakker. Daar is n nuwe gaaitjie, ons het op n dorinkie gestaan, dwarsdeur die grondseil, deur die matrasbeskermer binne in ons lugmatras.  
Ons is wakker soos die son opkom. Gister aand het Christo gesê dat die dammetjie by die camping gaan oorloop agv die goeie reëns wat hulle gehad het. Ons loop toe op na die Italiaanse dam. Die water loop oor die wal. Dis mooi om te sien. Italiaans omdat die Italiaanse gevangenisse dit gebou het.

Ons pak weer vinnig op. Voor die winkels oop is is ons al op die pad. Ons volgende stop is Modiemole (Nylstroom). Ons besoek die Wimpy vir ontbyt en koffie. Ons ry die R101 verder na Rietfontein. Ons wou nie tolgeld betaal nie. Die pad is redelik besig maar ons ry lekker, deur Hammanskraal, Bon Accord, Wonderboom en arriveer by 28’e laan. Teen middagmaal se kant is ons by Arie aan huis. Dit was n blye weersien.Ton was laas met Arie se troue in Pretoria. Ton het hom laas met Rebekka se troue gesien.
          
Dis nie lank nie of  Maryke en Juan daag ook op. Ons gesels te lekker. Ons gaan kuier vir Janneke se ouers in Ebenhaeser Aftree oord. Ook dit is blye weersien. Ouma Trijnie baie emosioneel. Janneke bly bietjie langer kuier en Ton koop die nuwe lugmatras by Outdoor warehouse.  Ons slaap oor in Harm en Heleen Snijder se huis (Dankie julle,) Hulle is op vakansie. Ons rig in en die aand braai ons heerlik saam ons kinders,skoondogter en aanstande skoonseun.
  

Die aand braai ons lekker saam met die kinders by die Sneijders se huis, waar ons vir die nag oorgeslaap het.






No comments:

Post a Comment