Monday, January 7, 2019

Dag 18, reën, reën, reën in Botswana

Dinsdagoggend, Nuwejaarsdag 2019. Ons doen pragtige Bybelstudie saam, dit gaan vanoggend oor die genade van die Here en dat ons weer mag vertrou in die komende jaar dat die Here ons genade sal skenk. En hoeveel genade het ons nie beleef die afgelope 3 weke nie! 

Oppak tyd na ontbyt, ons het ‘n sopnat tent want ‘n geweldige bui reën het in die ogend ure geval,ons lê heerlik droog in ons tentjie. Onder die tent wemel dit van rysmiere, almal hulle vlerkies verloor, dié lê besaai om ons tent, ons weet nie of ons nog geniet van die miershope nie, die kolonie wat ons gisteraand besoek het was net teveel. 


 Ons ry uit die kampterrein en die teerpad word oorgedoen, die deurpad wat vir ons gebou is, het verander in ‘n rivier. Ton stel Janneke gerus want sy het nou eenmaal ‘n angs vir grondpaaie en motorfietse. Ton beloof om stadig te ry, na vele gebede kom ons behoue anderkant uit, dankie Here! Maar ons klere en motorfiets is een groot modderpoel. Maar wie het nou gesê motorfiets ry is ‘n netjiese aktiwiteit, definitief nie vir die 2 Rose nie. Ons ry in die rigting van Francistown, wat ‘n ongelooflike slegte pad, dit is teer, maar op plekke so verspoel dat dit feitlik, onbegaanbaar is. Maar ons ploeter dapper voort. In Francistown soek ons die Spur op, dit is eintlik ‘n verbasende groot stad, weereens met die alombekende, Pep, Ackermans, Pick and Pay en Shoprite, ook ‘n Clicks en natuurlik Spur. Die van julle wat ‘n banting dieet volg kan gerus Spur se hoender avo slaai probeer, heerlik verby. Ons smul ! Na die episode vat ons die pad na Palapye. Toe ons by die verkeerslig stop toe is daar gesinnetjie in rooi motor, die kinders so opgewonde toe ons vir hulle waai, hulle is ook oppad na Palapye, ons volg hulle. Dit lekker ding van motorfiets ry is dat almal vriendelik is teenoor jou, blank, swart, kleurling, indiër (maar nie die Chinese nie). Om een of ander rede, knoop die mense altyd geselsies aan. Baie ongedwonge en lekker. 

Ons slaap oor by n plek met die naam Itumela. Dis reg langs die scrapyard en goedere trein werf. Ons is  aanvanklkk skepties en wil net omdraai om ‘n ander plek te soek. Ons ry in op die werf, dit lyk okayerig. Ons dink die plek het beter dae geken maar ons besluit om te oornag. Ons het n lekker plekkie op gras. Dis nogal nice. Na die opslaan stap ons oor na die bar en drink n lekker biertjie en hunters. Daar is ook heelwat locals, smaak my dis waar die plek sy geld maak. Nog ‘n couple daag op met hul Toyota Prado, met ‘n daktent en al. Hulle is van Plattekloof en is op honeymoon. Hulle is ouer as ons. Ons hou die gesprek maar kort.

Ons bestel later ‘n platter van samoosas, meat balls, ens. Ons smul lekker en vat ‘n doggybag. Die weer is swaar. Daar is baie weerlig en donder. Ons gaan terug tent toe. Ons is skaars in en die reën sak uit. Ons bly lekker droog in die tent. Ons lees en skryf op ons iPads. Ons raak vroeg aan die slaap.Palapye sal ons seker altyd onthou vir die geweldige donderstorm wat oor ons uitgesak het, dit het 7 uur begin en toe ons gaan slaap 9 uur, toe reën dit nog steeds. Die tent word nie regtig droeër nie. Die musiek in die lapa was kliphard aan, lekker boy musiek. Maar ons het nie omgegee nie, die donderweer het dit oordonder.  

 

No comments:

Post a Comment