Sunday, December 2, 2018

Africa trip 1st leg December 2018

Voorbereiding

Dit is vandag 9 Desember 2018.  Oor 6 dae gaan Ton en ek op die mees gewaagde(vir ons šŸ˜‰) ervaring van ons lewens.  Vir persies 27 dae gaan Ton se Bmw 1150 ons enigste vervoer middel wees, 2  wiele vir 2 mense. Ons klein 2 persoons tentjie ons enigste dak(stukkie lap) oor ons koppe.  Vir 2 jaar beplan Ton al aan hierdie toer.  En soos julle weet hy beplan deeglik.  Aan alles word gedink.  Kaarte word uitgehaal en nagespeur.  Daar word opgelees op ander mense se forums. Ander avontuurlustige mense se stories word nagevors en gevolg.  Alles word bespreek met vroulief, vriende en familie.  GPS word aangekoop.  Om hierdie toerusting te toets het ons ‘n naweek in September oorgeslaap by ClanWilliam en toe by Sutherland.  Na hierdie toetslopie het ons nog ‘n pannestel bygekoop. Daar moet immers groente gekook word!  Beskuit en koffie (Nescafe Cappuchino) werk goed vir ontbyt. Janneke se baadjie is dalk effens te warm vir NamibiĆ«. Hy laat geen lug deur nie. 

Twee maande gelede het Janneke haar leerlinglisensie(motorfiets) behaal en toe het sy gegaan vir lesse by Billy de Beer. Ons het vir haar ‘n Honda Transalp gekoop en sy oefen nou getrou elke week.  Die idee is nie dat sy haar eie motorfiets bestuur op hierdie eerste been van ons toer nie, maar eerder dat sy leer hoe om ‘n Motorfiets te hanteer en beheer.  Die tweede belangrike ding wat ons gedoen het, is om vir Janneke ‘n nuwe motorfietsbaadjie te koop, een wat meer lug deurlaat.  Hierdie roosegpaar lyk nou sommer baie spoggerig.  

‘n Ander les wat ons geleer het uit ons September trippie is dat die slaapsakke baie plek opneem binne die bagasie sakke.  Ons het Flexi Covers (klient van Janneke) gevra om vir ons twee sakke te maak wat teen stof en reĆ«n bestand is.  Die slaapsakke wil ons dan bo-op die softluggage vasmaak.  Die Gopro word ook weer aan die gang gekry.  Ons gaan hom saamneem, maar hoe om sinvolle foto’s te neem, is ‘n ander uitdaging! Ton het ook ons Senna stelletjie(oorfone en interkom)reggemaak, ons mis dit tog om nie met mekaar te kan kommunikeer nie. Ton het ook weer Janneke se radio reg te maak, dan kan sy weer luister na jou ma se stasie. ‘n Getroue vriend op die langpad.

 

  

  



No comments:

Post a Comment