Monday, December 24, 2018

Dag 8, Totsiens Rehobot, hallou Swakopmund.

22 dec
Dit was n vroeë dag. 05h15 gaan my wekker af. Tyd om die dag te begin, dit gaan ‘n lang en warm dag wees, het ons gedink.
Ons het die vorige al met die inpak begin. Janneke het selfs haar koffie verbeur. Roel het aangebied. Maar nee ons wil vroeg in die pad val. Net voor 7 is ons oppad, Roel sal teen sy eie tempo die dag verder gaan. In Rehoboth maak ons water sakke vol en voeg ys by om dit bietjie af te koel. Ons sien iets is nie lekker by die exhaust van die fiets nie. Nadere inspeksie wys dat die bout wat dit vasmaak aan die frame missing is,  Wat nou, dink ons. En, hoe lank gelede het dit gebeur? Op die pad tussen Alexander baai en Sendelingsdrif? Sal ons nie verbaas nie. Anyhow, ons maak die call om dit eers in Windhoek te laat regmaak. Na omtrent n 1000 km het dit nog nie gebreek dus sal die volgende 90 km hou.
In Windhoek kry ons die BMW garage. Oppad daarheen n vinnige ontbyt by die Engen garage net om die hoek. Die mense by BMW is nie baie behulpsaam nie. Al gougou word ons ingelig die mechanic is eers in Januarie terug. Die plek is toe, en niemand gaan help. Ton haal sy helmet af en op heel versigtige manier kon hy hulle omgepraat kry om tog maar n bout vir die motorfiets  in te skroef. Dit blyk toe dat die onbehulpsame man ‘n salesman is en die man wat die skroef indraai ‘n Cleaner is. Die salesman het op ‘n stadium iemand gebel wat dalk kon help. Hy sê vir persoon aan die anderkant “ek het oom hier wat in die moeilikheid is”.  Shame arme oom.

  Nog geen 15 minute later is ons terug op die pad. Ons ry lekker. Ons het nou tyd verloor maar Janneke herinner Ton, ons  is op verlof. Op Okahandja kry ons vir Roel. Ons drink n lekker koffie milkshake, dit is baie warm, ons maak weer nekdoekies nat en ry verder.

 By Karibib stop ons weer vir bietjie lugverkoeling.  Hier het ons baie aanhangers. Die pad is baie besig. Baie mense is oppad na Swakop. Hulle sê Swakop is Namibie se Margate.  Ons besef Kerstyd kom nader en die mense raak lekker jollig. Ons ry duer Usakos en passeer Arandis ons stop 60 km voor Swakop vir bene strek.  Janneke se stuitjie is lekker seer en ons raak styf van die ryery. 40km voor Swakopmund kry ons afdraai na ons kampplek, Goanikontes.  Roel het die plek vir ons uitgekies.  En wat ‘n pragtige pad dit is aan die noorde kant van die Nauluft woestyn.  En woestyn is dit net rotse en sand.  Lyk soos die maan! Dit is 18km grondpad.  Ons gedagtes is by Roel. Hy is nie so lief vir die grondpad nie. Maar ons vertrou dat dit sal goed gaan want dis n goeie grondpad. Ons teken in by ontvangs, en besluit op site nr 4. Ons gaan dump ons goed daar en ry verder na Swakop vir inkopies.  Die Super Spar het n eetplekkies en Janneke gee die nodige motivering om gou daar te gaan sit vir ‘n cappuccino en ‘n brotschen. Ons geniet onsself. Ons maak die laaste inkopies bymekaar, betaal die nodige 950 dollar...... en ry terug. Roel sit heerlik en boek lees. Ons drink lekker koffie en ruil stories uit oor die dag se gebeure en ryery. Ons pitch nog die tent en rig als nice in. Ons begin “the hang of it” te kry. Ons kry baie ervaring met al die opslaan en afbreek.

By die kampeer terrein is daar ‘n uitsig punt.  Ons klim dit uit met ons plakkies.  Dit is ‘n pragtige uitsig oor die hele Goanikontes.


















Mens kan sien hier was baie boerdery aktiwiteit in die verlede.  Janneke en Ton was nog klere. Roel braai hamburger patties, Janneke maak die hammies en Ton sort ‘n liggie uit en begin fone, ipads en sena’s te charge. Ons eet ‘n behoorlike aandete.

Brackenfell en Springbok voel baie vêr gelede.

No comments:

Post a Comment