Tuesday, December 18, 2018

Dag 1, die Trip begin

Die trip begin, eers na Sprinbok.
Op 15 Desember 2018 word ons rustig wakker in ons sitkamer. Ons het ons huis uitverhuur vir die vakansie en wou nie die skoon beddegoed gebruik nie, toe slaap ons maar op matrasse en slaapsakke in die sitkamer. Ons kampery het al vroeg begin 😉. Die laaste paar goedjies word gepak op die motorfiets, ons eet ontbyt, drink koffie en doen Bybelstudie. Ma Trijnie word gebel, en sy bid ons ook die Here se seën toe. Nadat ons vir die Here se onmisbare seën gevra het in gebed val ons in die pad. 10 voor 7 verlaat ons Brackenfell gesak en gepak vir die lang pad.
           


Ons ry die Brackenfell Boulevard af tot by die Malmesbury pad, op hierdie pad kry ons ‘n hele trop skape. Gelukkig het ‘n motor Ton reeds gewaarsku en het hy reeds stadiger begin ry. By Malmesbury klim ons op die N7. Ons ry verder voorspoedig tot die stop waar ons moet regs draai na Clan William dam. Toe Ton stop gebeur daar iets eienaardigs, die motorfiets val om! O wee! Altwee van ons lê op die kant van die pad. Janneke het haar knie effens beseer, en Ton se ego het ‘n knak gekry. Twee van die plaaslike werkers help ons om ons fiets op te tel. Ons kan rustig Clan William binnery. Hier in Clan William is dit bietjie koel, dalk is dit van die skrik? Ons eet ‘n broodjie en vat die pad na Bitterfonteiein. Bitterfontein hou vir ons soet herinneringe in. Op ‘n vorige motorfiets trip het ons in Bitterfontein beland agv Motorfiets probleme. Ons het toe 2 nagte oorgeslaap by die plaaslike gastehuis en ons het heerlik gekuier met die mense van die gastehuis. Dalk is die saadjie hier geplant vir ons eie gastehuisie ? Op Bitterfontein koop Janneke 2 pynpille vir die knie. En ons maak die motorfiets vol.
Edit
 Vandaar is dit nog 170 km na Springbok. Die son begin nou lekker sy voelers wys en ons druk maar deur sodat ons kan kamp opslaan. In Springbok is ons baie verras om ‘n Shoprite en Checkers te vind en Ton voel onmiddelik tuis 😉. Die Checkers lyk baie mooi. Ons moet nou bietjie vooruit beplan, siende dat môre Sondag is. Sonder yskas is dit nogal ‘n uitdaging. Kampeerterrein is Springbok Karavaanpark reg langs die N7. Baie oulik plek met swembad en lekker skaduwee bome. Ons slaan tent op in die hitte en trek baie vinnig ons swemklere aan om te gaan swem. Wat ‘n verrassing die water is koel! Na die swem drink ons heerlike koffie en raak net rustig by ons tentjie. Natuurlik tik ons ook op die blog ! Ons gaan vir nog ‘n swem en ontmoet allerhande mense. Baie dankbaar ons is veilig en ons sien baie uit na ons volgende been van die trip. Ton het hoender gebraai en dit het ons saam met slaai geeët. Tip, maak liewers jou eie vars slaai.



No comments:

Post a Comment