Tuesday, December 18, 2018

Dag 4, Spanner in die works


18 des, spanner in the works.
Rosh pinah was ‘n oase van lafenis na gister se tawwe ry. Ons het geslaap, vroeg opgestaan, gestort en ontbyt gehad. ‘n 4 season omelette. Janneke ook.
Ton het die vorige aand van die bagasie sakke bietjie ge-reorganiseer. Die swart balsak het heeltyd skeef getrek. Met nuwe moed dat dit nie weer gaan pla nie is ons kort voor 8h00 in die pad.

Daar sit n goeie byt in die lug. Dis so half mistig, maar ook nie. Ton zip die luggate toe in sy baadjie. Die fiets loop lekker, dis 170km na Aus. Die wêreld is mooi, soos die Karoo wat bietjie reën gehad het. Die berge is hier is rof, asof dit n skerp edge het warmee mens kan sny.

Aus was aangenaam. Ons onthou hoe daar by die petrolstasie pannekoeke verkoop is toe ons daar was met die 2010 toer. Ons kry weer daaiselfde gevoel want die petroljoggie is ‘n nice outjie. Vol smiles word ons gehelp. “ Hier betaal mens met ‘n debietkaart”, seg hy, “nie petrol of garage kaart nie”.
Ons ry weer verder. Ons draai in op die C13. Skaars in en ons sien ‘n trop van Aus se bekende wilde perde. 2 van hulle loop sommer so in die pad. Ton trek skoon af van die pad. Deels omdat daar foto’s geneem moes word, deels omdat Ton bang was die perde loop voor ons in.
Ons ry weer aan. Dis lekker want daar’s geen sinkplaat, smile ons vir onsself. Die smile is skaars van ons bakkies af en ons kry ons eerste sand strook. Ton voel hoe Janneke hier agter hom verstyf. Ag, dink hy, dis seker net die ou kolletjie. Maar nee, dit raak erger en moeiliker.
Hy stop net daar en ons besluit, nie weer soos gister nie, dan maar teerpad. Ons draai heel versigtig om en ry terug na die teerpad, die B4. Ons draai links, Keetman toe. Trek af by die eerste “sitje” langs die pad. Janneke en Ton kyk so vir mekaar en besef net daar dat ons roete beplanning deur Namibie sopas vir n nulletjie uitgeboul is. Ons sal verder besin as ons daar is.

Dis 200km soontoe. Ons ry lekker, maak ‘n breek so halfpad. Dis warm en ons tob so bietjie oor die roete beplanning wat verander het en die impak daarvan.



















Ons kry’n kamp by die municipal camping in die dorp. Dis nou nadat ons n slaai by die Spur geeët het, en MTC data getopup het, Shoprite gaan goedjies koop vir die braaitjie vanaand en Janneke se bril weer die nodige herstel werk gekry by die brillemaker. ‘n Brillemaker is ‘n wonderlike mens, stap Janneke in wys haar bril wat ‘n rubbertjie mankeer en meneer die brillemaker maak dit kosteloos reg. en maak nog boonop die bril skoon!



















Die wind stoot nogal, al is dit warm. Die tent word opgeslaan en ingerig. Intussen hoor ons Roel het al 2 ongelukkige dingetjies oorgekom. Eers in die diksand n stukkie plaas gekoop, die ander meer ernstig. ‘n ou oompie het voor hom ingeloop. Sal maar die details hoor as hy opdaag.






No comments:

Post a Comment